Nuus
Noord-Kaap Nasionale Onderwys Toekennings 2019
Die Kleinzee Sentrum vir Leer en Ontwikkeling spog vanjaar met een van die beste skoolhoofde in die Noord-Kaap.
Mev Liz Clarke het onlangs die tweede prys vir Uitnemendheid in Laerskoolleierskap in die Noord-Kaap by die jaarlikse toekenningsaand in Kimberley verwerf. Mev Clarke het met haar voorlegging aan die span beoordelaars die goeie werk wat sy en die KSLO span in Kleinzee doen, gedeel.
“Hierdie is `n groot prestasie vir ons skool, dorp en Namakwaland omgewing.” sê `n baie trotse mnr Eddie Julius, SBL voorsitter. “ Die Kleinzee gemeenskap is bevoorreg om so `n passievolle leier in ons skool te he.”
Ons as skool wens ook vir Mev Clarke baie geluk.
Ons is trots op u!

LOOTJIES 2019
KSLO het die afgelope kwartaal twee baie suksesvolle fondsinsamelingsprojekte gehou.
RUGBYTOER LOOTJIE
BAIE GELUK aan PIETER DIPPENAAR van Kleinzee wat die prys – by die HOUTHOOP ter waarde van R1500 gewen het.Baie dankie aan die borg Veronica van Dyk
TROOSPRYSE:
Wegneemetes ter waarde van R100
- KEANNO MAGERMAN
Braaiwors ter waarde van R100
- ELTON CLAASSEN
SKOOLFONDSINSAMELING
BAIE GELUK aan:
- SB ADAMS van Hondeklipbaai wat die R2000 kontantprys gewen het.
- RUSSEL BOYCE van Kleinzee wat die R700 kontantprys gewen het.
- RICKEY van Kleinzee wat die R300 kontantprys gewen het.
TROOSPRYSE:
Twee wegneemetes ter waarde van R100 elk geborg deur Crazy Crayfish
- WENNER 1 PAUL DURRINGTON
- WENNER 2 ARCHIE RUTLEDGE
Twee wegneemetes ter waarde van R100 elk geborg deur Die Blikbord
- WENNER 1 ANTOINETTE V ROOI
- WENNER 2 TANYA v ROOYEN
Twee wegneemetes ter waarde van R50 elk geborg deur Club Vibrant (West End)
- WENNER 1 GERALDINE BAADJIES
- WENNER 2 MICHELLE BEZUIDENHOUT
DIE ONDERWYSER WIE SE KLAS GEMIDDELD DIE MEESTE GELD INGESAMEL HET:
- Onderwyser: Gesigsbehandeling geborg deur Rowena`s beauty salon: Jeanette Dippenaar
- Leerders: Hamburger : GRAAD 4
DIE LEERDERS WAT DIE MEESTE GELD INSAMEL:
Eerste: KONTANT ter waarde van R500
- Nicole Rief – R3000
Tweede: KONTANT ter waarde van R300
- Marichen Mouton – R1325
Derde: KONTANT ter waarde van R200
- Shane Dirkse – R755
Die skool wil aan elke borg en die gemeenskap hulle dank uitspreek vir die ondersteuning. Kontak asseblief vir Werner Engelbrecht by 027 877 0045 om u prys af te haal.
Liz Clarke
Skoolhoof
KSLO by Winterspele 2019 in Durban
Daar is verskeie leerders van Namakwaland wat die week die koue getrotseer het en hul talent by die 2019 Winterspele in Durban gaan wys het.
Die SA School Sports Championships is ‘n jaarlikse landwye program waaraan topskole deelneem. Provinsiale skoolspanne insluitende deelnemers met gestremdhede, neem aan verskillende sportkodes deel.
Hierdie spele bied die leerders die geleentheid om deel te neem aan ‘n geïntigreerde nasionale sportgebeurtenis. Dit is ‘n hoogs mededingende skole-sportliga kompetisie wat daarop gemik is om skolesport tussen leerders binne verskillende skool-omgewings op nasionale vlak te bevoder.

Die Winterspele vind vanaf 30 Junie tot 5 Julie plaas. Kleinzee Skool vir Leer en Ontwikkeling (KSLO) neem die jaar vir die eerste keer daaraan deel. Altesaam sestien opgewonde leerders het op Saterdag 29 Junie, na Durban vertrek. Die Leerders neem aan sokker en netbal deel. Hulle bestaan uit meisie- en seunsokkerspanne en ‘n meisienetbalspan. Die skool vorm deel van die Noord-Kaapprovinsie se span. Die leerders is Lindiwe Cloete, Revonia Swartbooi, Leonailla Djoyamoumbe, Humian de Klerk, Deven Cloete, Jason Burgess, Jerome van Wyk, Riaan Coetzee, Rowan Kayster en Santino Jaftha. Hulle is deur personeellede, Wilmack Carolus en Eloise Goliath vergesel.
Volgens Gaile August van die skool is dit vir die leerders ‘n groot voorreg om hulle provinsie te verteenwoordig. Dit is ‘n wonderlike ondervinding. KSLO is trots op hierdie leerders. Die Noord-Kaapspan het tot dusver die provinsie se naam hoog gehou. Die leerders het Vrydag, 5 Julie, hulle laaste wedstryde gespeel.
Gebeurtenis: Sport & Opvoedkundige Toer
Datum: Wintervakansie 2019
As deel van ons beplanning is die onder 13 rugbyspan op `n toer na die Kaap geneem.
- Opvoedkundige besoek die Parlement
- Besoek die SA Skolespan in Stellenbosch
- Besoek Seinheuwel
- Gaan kyk WP teen Pumas op Nuweland
Ontmoet die Springbok en Stormer Dillyn Leyds. Hy deel met die spelers die uitdagings van `n profesionele rugbyspeler en die belang daarvan om ‘n formele kwalifikasie te verwerf vir na rugby.