Die Oudstudente-bond verseker dat oudstudente wêreldwyd “familiebande” met hul alma mater behou en op hoogte gehou word van gebeure en prestasies van die KSLO. Die bond beplan ook om reünies te organiseer. Die OSB hanteer ook die administrasie en registrasie.
Die webtuiste is daarop gemik om ‘n positiewe en konstruktiewe omgewing te skep waar die gebeure by die KSLO en die skool aan lede en ondersteuners gekommunikeer word. Deel ook u sienings, lewer insette soos foto’s, nuus, stories en neem deel aan die aktiwiteite.