Kleinzee Skool

Skool

Kleuterkampus

Op die ouderdom van 5 kan leerders die eerste jaar begin by die kleuterkampus met Graad R.

By die kleuterkampus is die fokus daarop om jou kind gereed te kry vir die skool sodat hy/sy sal presteer in Graad 1. Na Graad R is dit dan tyd om te skuif vanaf die Kleuterkampus na die JuniorKampus waar die hoofstroom skool aangebied word. 

Juniorkampus

Die JuniorKampus is ‘n hoofstroom Primêre skool.

Die Kampus bestaan uit Graad1 tot 7 leerders wat hoofstroom onderrig ontvang.

Seniorkampus

Ons SeniorKampus is ons trots!

By die kampus bied ons program vir Spesiale Behoeftes nl. fisies, verstandelike en emosionele gestremdhede.

Klasse word aangebied vir leerders wat gepas is volgens hulle fisiese en verstandelike behoeftes. Hierdie ondersteuningsprogram bied hierdie kinders ‘n kans om te ontdek wie hulle is en waarmee hulle werklik goed is.

Op die ouderdom van 14 kan die leerders in die ondersteuningsprogram dan beweeg na die Vaardigheids Skool toe. Hierdie klasse word ook aangebied op die SeniorKampus.

By die vaardigheids skool word leerders die geleentheid gegee om reg te wees vir die volwasse lewe waar hulle ‘n beroep kan betree met die vaardigheid van hulle keuse.

Close Menu