Vaardigheidskool
By die senior kampus word leerders ‘n vaardigheid aangeleer waarmee hulle die arbeidsmark kan betree. Elke leerder ontvang akademiese sowel as Tegniese opleiding. Leerders ontvang tegniese opleiding in Kantooradministrasie, Instandhouding en Haarkappery aanleg. Hierdie tegniese vaardigheid help dan die leerder om na skool, óf hul ambagte te voltooi óf in die bepaalde rigting te gaan werk.