Ons beskik oor puik en ervare afrigters, wie se doel dit is om te verseker dat elke individu sy volle potensiaal bereik. Deur toegepaste lewensvaardighede, wat deurlopend aangebied word, verseker ons dat ons kinders ook emosioneel groei om uiteindelik suksesvol in die lewe te wees.
KSLO het toegang tot die volgende sportgeriewe:
- Rugbyveld
- Sokkerveld
- Pluimbalbaan
- Netbalbaan
- Krieketveld met krieketnette
Sportsoorte Aangebied:
- Rugby
- Sokker
- Atletiek
- Netbal
- Pluimbal
- Vlugbal
Die volgende kultuuraktiwiteite word aangebied:
- Skaak
- WOW-Splekompitisie
- Eisteddfod
- Wiskunde Olimpiade
- Natuurwetenskappe Olimpiade