Die koshuis is geleë langs die Senior Kampus en kan nagenoeg 140 leerders akkommodeer: 94 in die seunskoshuis en 40 in die dogterskoshuis. Ons dogterskoshuis het pragtige, goed toegeruste kamers en al die badkamers is onlangs met moderne afwerkings oorgedoen en mooi gemaak.
Ons probeer verseker dat die koshuis ‘n huislike atmosfeer het, waar leerders na skool kan ontspan. Klem word geplaas op dissipline en die personeel sorg dat leerders met hul skoolwerk gehelp word om sukses te verseker.
Leerders kry elke dag drie gesonde maaltye wat deur ‘n goedopgeleide span kombuispersoneel voorberei word. Meeste van ons dienspersoneel is onderwysers by die skool en die leerders het wonderlike verhoudings met almal wat na hulle omsien.
Kontak: 027 877 0010