Ons SeniorKampus is ons trots!
By die kampus bied ons program vir Spesiale Behoeftes nl. fisies, verstandelike en emosionele gestremdhede.
Klasse word aangebied vir leerders wat gepas is volgens hulle fisiese en verstandelike behoeftes. Hierdie ondersteuningsprogram bied hierdie kinders ‘n kans om te ontdek wie hulle is en waarmee hulle werklik goed is.
Op die ouderdom van 14 kan die leerders in die ondersteuningsprogram dan beweeg na die Vaardigheids Skool toe. Hierdie klasse word ook aangebied op die SeniorKampus.
By die vaardigheids skool word leerders die geleentheid gegee om reg te wees vir die volwasse lewe waar hulle ‘n beroep kan betree met die vaardigheid van hulle keuse.